Samuel Beckett

Samuel Beckett
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Samuel Beckett in 1977

Bynaam Andrew Belis[1]
Geboortenaam Samuel Barclay Beckett
Geboorte 13 April 1906
Foxrock, Dublin, Ierland
Sterfte 22 Desember 1989
Parys, Frankryk
Nasionaliteit Flag of Ireland Ierland
Beroep Skrywer
Genre Modernisme
Eerbewyse Nobelprys vir Letterkunde (1969)

Samuel Beckett (1906–1989) was ’n Ierse skrywer uit wie se pen toneelstukke, romans en gedigte verskyn het. Beckett het in Frankryk gewoon en in beide Frans en Engels geskryf. Hy word wyd as een van die mees invloedryke skrywers van die 20ste eeu beskou[2]en is veral bekend vir sy toneelstuk Waiting for Godot. Beckett is in 1969 met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon.[3][4]

Beckett se werk se bied 'n somber, tragikomediese uitkyk op die menslike bestaan. Dit gaan dikwels met pessimisme en swartgalligheid gepaard en word meer minimalisties in sy latere loopbaan. Hy word as een van die laaste modernistiese skrywers beskou, en is een van die sleutelfigure in die sogenaamde "Teater van die Absurde".

  1. "Fathoms from Anywhere – A Samuel Beckett Centenary Exhibition" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2019.
  2. McDonald, Rónán (ed). (2007), The Cambridge Introduction to Samuel Beckett, Cambridge University Press, Cambridge p17
  3. "The Nobel Prize in Literature 1969" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.
  4. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search